Verdrag van Verdun

Tydens die Verdrag van Verdun (Verdun, Augustus 843) is die Karolingiese Ryk na die dood van Lodewyk die Vrome (778-840) onder sy drie oorlewende seuns, Lotarius (die oudste, 795-855), Lodewyk die Duitser (die derde seun 804-876) en Karel die Kale (die jongste 823-877), verdeel. Hiermee beëindig die verdrag 'n driejaar-lange Karolingiese Burgeroorlog, maar dit en die latere verdelings van die Frankiese Ryk lê hiermee ook die basis van die eeuelange Frans-Duitse wedywering in Europa.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy